Pottie Potgieter vertel dat diè 'n gesondheidsrisiko is. Foto: Michelle Roodt.
Talle besigheidseienaars in Homelake is raadop met riool wat vir ongeveer ‘n week en ‘n half voor hulle besighede verbyloop.
Manie Scheepers en Pottie Potgieter het besighede in Van Riebeeckstraat. Manie het vertel dat toe die riool vir ‘n dag opgehou uitstroom het, het hulle gedink die probleem is opgelos, maar die volgende dag was dit erger.
Die Riool in Elaine Straat wat loop vanaf Brian Straat. Foto: Michelle Roodt.
“Dit het in Brianstraat begin loop tot in Elainestraat, en toe weer in Van Riebeeckstaat,” het Manie vertel.
Volgens hom rapporteer hy dit nie eers meer nie omdat dit nie help nie.
Die riool wat afloop in Van Riebeeck Straat. Foto: Michelle Roodt.
Ons moet erfbelasting, dienstegeld en besigheidsbelasting betaal wat die gewone huiseienaars nie betaal nie, maar wat kry ons daarvoor?” het Pottie gesê.
Hy het ook vertel dat die riool ‘n groot gesondheidsrisiko is vir almal; vir hulle, hul kliënte en verbygangers.
“Waar is die partye waarvoor ons stem?” het Pottie gevra.
Pottie Potgieter en Manie Scheepers sê die riool is ‘n probleem vir hulle besighede. Foto: Michelle Roodt.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.