CrimeNews

Kerke, besighede loop deur onder inbrekers – EPR-misdaadverslag

Jongste volledige misdaadverslag van EPR wys minstens 21 insidente waarvan meeste by besighede was.

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag toon dat daar 21 insidente gerapporteer is van Maandag, 28 Junie tot Sondag, 4 Julie.

Volgens EPR se algemene bestuurder, Johan Krogh het minstens 11 insidente plaasgevind by besighede, ses by wonings, een by ‘n hospitaal, een by ‘n skool, en twee by kerke.

Huisbraak was bo aan die lys, met vyf insidente.

Daar is ingebreek by ‘n besigheid in Jukskeistraat in Toekomsrus; by ‘n woning op ‘n plot in Middelvlei; by ‘n besigheid in Briggsstraat in Westonaria; by ‘n kerk in Daviesstraat in Westonaria; en by ‘n kerk op ‘n plot in Randfontein-Suid.

Diefstal en roof was volgende op die lys, met vier insidente elk.

Weens die strenger inperkings en verandering in aandklokreëltye het ons nie net ‘n afname in insidente die afgelope week ervaar nie, maar ook ‘n afname in insidente tydens die aandklokreëltye,” het Krogh vertel.

Hy het genoem dat roof by besighede, huisbraak en diefstal egter ‘n kommer bly in die area.

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

EPR se misdaadverslag vir Randfontein. Inligting verskaf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button