Local newsNews

Sakeman, Teine-direkteur sterf weens Covid-19

Randfontein Rugbyklub se hartroerende boodskap aan oorlede Frans Vorster, Randfontein Rugbyklub se Direkteur, en 'n sakeman.

Randfontein Rugbyklub en die gemeenskap treur oor Frans Vorster, 52.

Frans, ‘n sakeman van die dorp, was ook ‘n afrigter, en Direkteur van Rugby by Randfontein Rugbyklub.

Sy vrou, Maxie, het aan die Herald bevestig dat hy op Saterdag, 26 Junie weens Covid-19 komplikasies in die hospitaal oorlede is.

Sy het vertel dat Frans baie lief was vir rugby. Toe sy spelerdae verby was, het hy begin afrig. Een van die herinneringe van haar man wat haar altyd na aan die hart sal lê is sy oneindige liefde vir haar, sy kinders en kleinkinders.

Lees ‘n vollediger berig in volgende week se Herald.

Die Randfontein Rugbyklub het die volgende geskryf:

Hoe groet ‘n mens ‘n Legende?

Die dood kom dikwels vir ons ontydig – of dit deur ’n ongeluk of ’n skietwond, siekte of op enige ander manier op ons pad kom.

Elkeen van ons het vir Frans op ‘n ander manier geken – sommige het hom slegs as Frans geken, ander weer as kollega, vir ander weer was hy coach, maar vir almal was Frans ‘n vriend. In watter kapasiteit ook al, in alle kringe en op alle terreine was hy gewild en geliefd. Hy het uitgeblink in dit wat hy aangepak het en sy heengaan laat ‘n groot leemte.

Hoewel ons besef het dat die skok op sy liggaam nie gering was nie, het ons in sy laaste paar dae steeds bly hoop dat daar beterskap sou intree. Dit het ons kans gegee om ons laaste boodskappe te gee, met die wete dat Frans dit tóg gehoor het.

Sy siekbed het ons weer oor die lewe laat besin, waaroor dit gaan, hoe kort dit is en hoe kosbaar dit is; dit het ons Randfontein Rugbyfamilie weer nader aan mekaar gebring, waar almal in een stemming vir hom gebid en ingetree het.

Frans het altyd die regte bemoediging vir almal gehad, hetsy jy ‘n afrigter; speler of selfs komiteelid was. Die goeie herinneringe van baie jare het hom ryk gemaak in menswees en in daarwees vir almal.

Frans, jou plek in die Randfontein Rugbyklub-familie en groter gemeenskap is leeg en die leemtes wat jy laat is enorm. Jy het diep voetspore getrap by Randfontein Rugbyklub.

Ons troos ons daarby dat jy nou veilig in Jesus se arms rus, sonder enige pyn. Hiervoor dank ons die Here en ons gun jou die ewige rus; tot ons weer ontmoet.

Al jou vriende by Randfontein Rugbyklub.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button