Man sterf drie maande na sy troue weens Covid-19
Corrie is na 'n drie weke stryd oorlede aan Covid-19.
Slegs drie maande nadat hulle getroud is, moes Vannessa Hawkins afskeid neem van haar man Corrie.
Corrie Hawkins, 60, is na ‘n drie weke lange stryd op Saterdag, 3 Julie weens Covid-19 komplikasies in die hospitaal oorlede.
Die paartjie se sprokiestroue was op Saterdag, 27 Maart en hulle sou hul wittebrood in Mosambiek deurbring, maar weens Covid-19 regulasies het hulle besluit om te gaan kamp.
Terwyl haar man in die hospitaal was het sy soggens en saans daarheen gebel om uit te vind hoe dit met hom gaan en elke oomblik gewag vir nuwe nuus.
“”Ek is ‘n paar keer toegelaat om hom te sien. Ek het my hart en siel uitgebid elke keer as ek hom gesien het. Hy kon nie reageer nie maar ek kon die trane teen sy wang sien afrol; ek weet hy het my gehoor.”
Corrie was lief vir braai, kamp, houtwerk en visvang.

Sy het vertel dat Corrie notas op die yskas begin sit het oor sy aftreedatum wat oor twee jaar sou wees. Dit was sy droom om in Mosselbaai te gaan aftree.
Corrie word oorleef deur sy vrou, kinders, kleinkinders, broers, suster en vriende.
Lees die vollediger berig in die Herald se 30 Julie-uitgawe.



