Elsje is gevind
Elsje du Toit, 15, wat vermis was is gevind. Sy was laaste by haar huis in Kennethlaan in Homelake gesien voor sy vermis geraak het.
JONGSTE NUUS: Die 15-jarige Elsje du Toit is veilig gevind en haar pleegpa, Hennie Marais, het die Herald laat weet dat sy net na 15:00, vanmiddag gevind is in Greenhills. Hy het gesê sy is veilig sonder enige beserings en wil graag almal wat gehelp het bedank.
OORSPRONKLIKE STORIE: Die familie van ‘n jong tienerdogter wat vermis geraak het vra die gemeenskap om hulle te help om haar op te spoor.
Elsje du Toit, 15, is die laaste keer by haar huis in Kennethlaan in Homelake deur haar pleegouers gesien.
Volgens haar pleegpa, Hennie Marais, het sy tussen Woensdagaand, 21 Julie, en Donderdag, 22 Julie uit hul huis verdwyn. Hy is om 05:00 weg werk toe en sy vrou het hom later vanoggend laat weet het dat Elsje nie by die huis was nie.
Elsje het bruin oë, lang bruinblonde hare en is skraal gebou. Sy het vermoedelik ‘n grys sweetpakbroek en -hemp aan.
Volgens Hennie vermis hulle ‘n sak en sommige van haar klere, en haar foon is af.
“Sy is nie by haar kêrel nie; hy en ‘n paar van haar vriendinne help ons soek,” het hy vertel.
As enige iemand vir Elsje gesien het of weet waar sy is, skakel asseblief vir Hennie by 079 050 5175.



