Local newsNews

Wings of inspiration se eerste verlowing

Die Wings of Inspiration Elderly Care Centre spog deesdae met 'n paartjie wat mekaar daar ontmoet en verloof geraak het. Na jare se alleen wees het Martie en Mike mekaar gevind.

Ware liefde het nie ‘n ouderdomsbeperking nie, en twee inwoners van Randgate het dit onlangs bewys.

Martie Chapman, 68, en Mike Swart, 67, van die Wings of Inspiration Elderly Care Centre is die sentrum se eerste paartjie wat verloof geraak het.

Martie het vertel dat toe sy Mike die eerste keer raakgesien het, sy ‘n goeie gevoel gekry het. Sy persoonlikheid en alles anders aan hom het haar aangetrek.

Martie Chapman en Mike Swart het onlangs verloof geraak. Foto: Michelle Roodt.

Twee weke na hul ontmoeting het die twee begin uitgaan en op Sondag, 11 Julie het hy haar gevra om met hom te trou.

Martie het Mike beskryf as haar sielsgenoot. Hoewel sy nie na liefde gesoek nie maar dit het haar gevind.

Hulle stel in dieselfde dinge belang, lag saam en is baie gemaklik in mekaar se geselskap. Hul uitkyk op die lewe is dieselfde, wat volgens haar baie belangrik is.

Martie het gesê dat respek en vertroue baie belangrik is; as jy dit nie het nie, dan kan jy maar vergeet van ‘n verhouding.

Hulle kan nie wag om in die toekoms alles saam aan te pak, bymekaar te wees en gelukkig te wees nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button