EPR-misdaadverslag: meeste insidente by besigheide
Jongste volledige misdaadverslag van EPR wys minstens 16 insidente waarvan meeste by besighede was.
EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag toon dat daar 16 insidente gerapporteer is van Maandag, 19 Julie tot Sondag, 25 Julie.
Volgens EPR se algemene bestuurder, Johan Krogh het minstens 13 insidente by besighede en drie by wonings plaasgevind.
Diefstal, huisbraak en roof was bo aan die lys, met vier insidente elk.
Die inbrake het plaasgevind by ‘n besigheid in Tulbachstraat in Culemborgpark; by ‘n besigheid in Briggsstraat in Westonaria; by ‘n besigheid in Stubbsstraat in Randfontein; en by ‘n besigheid in Tulbachstraat in Culemborgpark.
Daar was diefstal by ‘n besigheid in Drakensbergstraat in Finsbury; twee sake van diefstal by twee verskillende besighede in Mainstraat in Randfontein; en een by ‘n besigheid in Potgieterstraat in Westergloor.
Rowers het toegeslaan op ‘n besigheid in Witstinkhoutboom in Brandvlei; ‘n woning in Bettystraat in Wilbotsdal; ‘n besigheid in Fodenstraat in Aureus; en ‘n besigheid in Plotstraat in Randridge.
“Die afgelope week het ons ‘n toename in gewapende rowe in die area gehad, veral oor die afgelope naweek. Naas die rowe is daar ook ‘n toename in inbrake by huise in die area. Inwoners word gemaan op paraat en oplettend te wees,” het Krogh gesê.




