CrimeNews

Jongste EPR-misdaadverslag toon kommerwekkende 45 insidente

EPR het seker sy besigste week in 2021 beleef wat misdaad aanbetref toe 45 insidente gerapporteer is – die meeste by besighede met 26.

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag toon ‘n skokkende 45 insidente wat gerapporteer is vir die tydperk van Maandag, 16 Augustus tot Sondag, 22 Augustus.

Volgens EPR se algemene bestuurder, Johan Krogh het minstens 26 insidente by besighede, 13 by wonings, vier by skole en een by ‘n substasie plaasgevind.

Huisbraak, saakbeskadiging en diefstal was bo aan die lys, met agt insidente elk.

“Ons het ‘n baie besige week beleef wat betref die bywoning van insidente in die area, met nie minder nie as 45 insidente,” het Krogh gesê.

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

Skermgreep 1 van EPR se jongste misdaadverslag vir Rand-Wes. Inligting verskaf.
Skermgreep 2 van EPR se jongste misdaadverslag vir Rand-Wes. Inligting verskaf.
Skermgreep 3 van EPR se jongste misdaadverslag vir Rand-Wes. Inligting verskaf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button