Koek en melktert vir personeel in voorste linies
Gesondheidswerkers van Life Robinson Hospitaal is onlangs met 30 koeke en 30 melkterte bederf vir hul harde werk.
Gesondheidswerkers van Life Robinson Privaat Hospitaal is op Woensdag, 11 Augustus verras en bederf met smullekker koek en melktert.

Een van die mede-organiseerders van die geleentheid, Franna Pretorius het vertel dat hulle met hul projek, ‘Die Ben Morgenrood Groep Gee Om’, iets spesiaals vir personeel in die voorste linies wou doen, en het 30 koeke en 30 melkterte uitgedeel.
“Ons wou iets doen vir die Covid-19 positiewe saal wat die intensiewesorg-eenheid insluit, asook die personeel en susters wat daar werk,” het hy gesê.
Gedurende die aand het Ben Morgenrood se Diensbestuurder, Andries de Jager die skriflesing en gebed waargeneem en ‘n boodskap van hoop gebring. Franna en Tanya V het ook gesing.

“Dit was ook om die personeel se moraal ‘n bietjie te lig,” het Franna vertel.










