Blikskud-fondsinsamelingsprojek vir ‘n diere-doel
Cast Aways Animal Sanctuary het onlangs fondse ingesamel vir hul skuiling.
Cast Aways Animal Sanctuary het op ‘n sonnige Saterdag, 4 September, ‘n blikskud-fondsinsamelingsprojek by ‘n besige kruising tussen Homelake en Greenhills gehou.
Vier tieners het hard gewerk om die oggend ‘n sukses te maak toe hulle blikkies in die hand op die hoek van Homesteadlaan en Kennethweg gestaan het vir ‘n goeie doel.

Eienaar en stigter van die skuiling Louisa Rossouw het vertel dat die projek gehou is om fondse in te samel vir benodigdhede soos katsand, sagte katkos en skoonmaakmiddels.
“Ons is baie gelukkig met die bedrag wat ingesamel is,” het sy vertel.

Louisa bedank ook graag elke motoris wat hulle ondersteun het – of dit nou met R1 of ‘n R100 was.

“Elke sent het tot ‘n baie suksesvolle oggend bygedra,” het Louisa afgesluit.



