Local newsNews

OPINIE: Ons is Afdraandfontein

Godsdiensvryheid sal ons algehele land en dorpe van alles onthef. Wil jy wed?

• Desmond Dickson skryf:

Die haglike agteruitgang en verval van ons woonbuurt moet aan politieke vuilspel toegeskryf word wat hoopvolle kiesers ontmoedig om na die stembusse te gaan.

Werksaamhede rondom die beloofde binnemuurse swembad en sportsentrum het onverduidelik in ‘n cul-de-sac opgeëindig.

Vergeet maar van die nuttelose sportstadion, vrotsige slaggatbesaaide strate, wydverspreide rommelophopings, swak dienslewering en ‘n verwoeste huurkantoor.

Inwoners kan maar HOP behuising op hul pense skryf. Slegs ‘n politieke wonderwerk sal ons van alle beslommernisse bevry. Bestaan daar nog bekkige skroomlose politici? Wrintiewaar!

Die toekoms en die rus is volgens Totius elders behalwe in ‘Afdraandfontein’.

Iets moois van die ACDP oor die lug, van God en die mens! Net onlangs het ek oudergewoonte ‘n lied van die Chi-lites oorverdowend op ‘n taverneblêrkas gespeel: ‘There will never be any peace until God is seated at the conference table’.

Die kerke word deesdae na verligting van die inperkingsregulasies soos by ‘n uitverkoping gestormloop. Verstaan die regering nou die noodsaaklikheid van gebed?

Godsdiensvryheid sal ons algehele land en dorpe van alles onthef. Wil jy wed?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button