Jannas-matrieks spog met hul kunswerke
Hoërskool Jan Viljoen het onlangs hul kultuur- en kunsaand in die skoolsaal aangebied. Die leerders se kunsskeppings is iets om te beleef.
Leerders se pragtige kunswerke is ten toon gestel tydens Hoërskool Jan Viljoen jaarlikse kultuur- en kunsaand op Woensdag, 13 Oktober.
Die tema van die aand was Une Soireé des Art wat beteken ”n Aand van die kunste’.
Die spogaand is georganiseer deur Magriet Botha (kunstenaar en visuele kunsonderwyser) asook Rudie van Wyk (musikant en taalonderwyser).

Magriet het vertel dat slegs genooide gaste die aand kon bywoon weens Covid-19-regulasies.
Die Graad 12 visuele kuns-leerders het die jaar se kunswerke uitgestal. Vir dié oorwegend praktiese vak het Covid-19 baie uitdagings gebied, maar die Jannas-leerders het baie hard gewerk en kan nou die vrugte daarvan pluk,” het Magriet gesê.
Die aand het ook bestaan uit ballet, akrodans, hip-hop en musiek.

“Verder het talentvolle Jannas-leerders die gaste vermaak met klavier-, viool- en elektriese kitaarmusiek terwyl die gaste lekker geëet, gekuier en na kuns gekyk het.”
Die doel van die uitstalling was om ‘n platform te skep waar die skool se Graad 12-leerders hul talent aan die gemeenskap ten toon kon stel.

“Ons as organiseerders het besluit dat daar van nou af elke jaar ‘n kultuur- en kunsaand aangebied sal word waar daar gespog word met die skool se kultuurprestasies. Ek is verheug dat die aand ‘n reuse sukses was.
Dit was bevredigend om te kon sien hoe die leerders en hul ouers se oë van opgewondenheid en trots geblink het,” het Magriet gesê.








