NewsSchools

‘Gemaak om spore te los’ – Rappies-leiers van 2022

Laerskool Rapportryer het onlangs hul nuwe Graad 7-leiers aangewys wat baie daarna uitsien om die skool in 2022 te lei.

Laerskool Rapportryer het op Woensdag, 10 November hul nuwe leiers vir 2022 bekendgemaak.

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat leiers by hul skool gekweek word vir die toekoms.

By Rappies word ons leiers met twee vingers gekies – soos fyn porselein,” het sy gesê.

Sy het vertel dat leiers by hul skool geskep word om ander te laat skyn, danksy personeel en ouers se begeleiding en steungewing.

“Ons is gemaak om spore te los,” het sy vertel.

Namens skoolhoof Andrè Kruger, leiervoog Magda Swart en elke Rappie-leerder sê Esme baie geluk aan al die leiers van 2022.

“Mag dit vir julle ‘n wonderlike jaar wees.”

Die Rappies-hoofleierkorps is van agter Stiaan Hugo, Anje Pieterse, Milaan Jacobs en Jason Fiford met Joamarie van der Westhuizen (hoofdogter) en Christo Collins (hoofseun) voor. Foto ingestuur.

Die hoofleiers vir 2022 is soos volg:

• Hoofseun – Christo Collins
• Hoofdogter – Joamarie van der Westhuizen
• Onderhoofseuns – Stiaan Hugo en Jason Fiford
• Onderhoofdogters – Anje Pieterse en Milaan Jacobs

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button