MunicipalNews

Slegte nuus vir talle inwoners na ontploffing by Drowel-substasie

Elektrisiteit in onder andere Bootha, Loumarina, Wilbotsdal, Elandsvlei, Ooster, Townlands, Wheatlands, Randpoort, Randgate en Gedeelte Greenhills, Eikepark, Culemborgpark, Helikonpark en Homelake is af tot verdere kennisgewing na 'n ontploffing by 'n substasie.

Talle areas is tans sonder krag na ‘n ontploffing by die Drowel-substasie.

Alwyn van Tonder, wyksraadslid van die area het op Vrydag, 15 Julie kort na 12:00 aan die Herald bevestig dat die elektrisiteit in Bootha, Loumarina, Wilbotsdal, Elandsvlei, Ooster, Townlands, Wheatlands, Randpoort, Randgate en gedeeltes van Greenhills, Eikepark, Culemborgpark, Helikonpark en Homelake tot verdere kennisgewing af sal wees.

“Dit is weens die skade wat ‘n ontploffing by die Drowel-substasie aangerig het. Verdere inligting sal eers more beskikbaar wees wanneer die omvang van skade bepaal is.

Daar is vandag reeds verskeie tegniese spanne besig met herstelwerk aan die substasie. Daar is nog geen areas wat deur Drowel voorsien word wat weer aangeskakel is nie.”

Daar is glo ‘n moontlikheid dat die plotareas dalk vanaand of more Saterdag, 16 Julie aangeskakel sal word.

Die Drowel-substasie het groot skade gely weens ‘n ontploffing. Foto ingestuur.
Die Drowel-substasie het groot skade gely weens ‘n ontploffing. Foto ingestuur.

“In ander areas soos Helikonpark en Culemborgpark is daar nog nie duidelikheid wanneer die kragtoevoer herstel kan word nie, en dit kan dalk langer vat. Ons bedank graag vir Hannes Ernst, bestuurder van die elektriese afdeling en sy span vir hul toewyding met die herstelwerk.”

Van Tonder het bygevoeg dat hy en raadslid Craig Harrison sedert gisteraand (Donderdag, 14 Julie) alles moontlik doen om die probleem te probeer oplos.

Raadslede Alwyn van Tonder en Craig Harrison. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button