AdvertorialNews

Help dink aan ’n naam vir nuwe skou en wen GROOT!

’n Nuwe skou is op pad – en jy kan help om dit ’n naam te gee en R2 000 te wen.

Die Randfontein Publisiteitsvereniging (RPV) beplan om weer ’n skou op die been te bring en doen nou ’n beroep op die gemeenskap om te help met die naamkeuse.

Volgens Matiam van Vuuren, voorsitter van die RPV, was die dorp se skou destyds die vierde grootste in die land. Ongelukkig het die Covid-pandemie dit tot stilstand gebring. Nou is daar egter weer planne om die skou aan te bied – dié keer op ’n nuwe plek en onder ’n splinternuwe naam. Hoewel dit kleiner sal wees as die vorige skoue, is die opwinding groot.

Die gemeenskap, en veral skole, word uitgenooi om aan ’n kompetisie deel te neem om ’n gepaste naam vir die nuwe skou voor te stel. Die wenner stap weg met ’n kontantprys van R2 000. Die sluitingsdatum is 1 Julie.

Voorstelle vir ’n naam kan fisies by Palm Estates op Noordweg-pad ingegee word, of per e-pos gestuur word na RPARandfandfontein@gmail.com. Alternatiewelik kan dit ook per WhatsApp gestuur word na 083 230 5992.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button