Municipal

Randgate-inwoner deur hel met riool

Die munisipaliteit het 'n Randgate-inwoner se weke-lange rioolprobleem opgelos.

Inwoner Rina Hattingh is verlig haar rioolprobleem is opgelos – dit nadat die riool vir twee weke reg voor haar kombuisdeur gevloei het.

Hattingh het verduidelik dat sy op 7 Februarie agtergekom het dat riool in haar agtererf vloei.

Die riool voor dit skoongemaak is.

Op 8 Februarie het sy weer die riool in haar erf opgemerk en besluit om die munisipaliteit te bel. Volgens haar moes sy wel ses keer bel sonder enige sukses. Teen 9 Februarie was die riool so erg dat sy nie by haar deur kon uitgaan nie en was haar hele stoep vol riool.

As dit nie vir die trappies by die kombuis was nie, sou die riool tot in die huis gegaan het.

“As dit nie vir die trappe by my deur was nie, sou dit by my huis ingekom het. Ek kon nie eers was nie, ek moes ‘n skottel gebruik en ‘n emmer om my toilet te spoel. Ek kon ook nie wasgoed was nie. My hond kon nie eers buite toe gaan nie,” het Hattingh gesê.

Op 20 Februarie het sy weer die munisipaliteit gebel en die swaar reën wat twee dae tevore het die situasie vererger. Op 21 Februarie is sy ingelig hulle sal 11:00 by haar wees nadat sy weer gebel het.

Die riool voor dit skoongemaak is.

Hattingh het verduidelik dat teen 11:05 was die munisipaliteit by haar gewees.

“Hulle het die probleem reggemaak en al die gemors in swartsakke gesit en weggeneem. Daarna het hulle alles met ‘n tuinslang weggespuit. Tot dusver is alles nog reg.”

Die oorblywende riool in die oprit.

Sy is toe in kennis gestel dat die probleem glo by ‘n mangat op die hoek van Unie- en Van Deventerstraat ontstaan het.

Die oorblywende riool.

Die Randfontein Herald het die munisipaliteit genader vir kommentaar wat teen druktyd nog nie terugvoering gegee het nie. Daar sal wel ‘n opvolg gedoen word sodra hulle terugvoering gee.

Related Articles

 
Back to top button