High SchoolLocal news

Carols by Candlelight by Riebeeckrand

Vanjaar se Carols by Candlelight sal plaasvind op Hoërskool Riebeeckrand se sportveld en ingang is gratis.

Die Ekumeniese Forum, wat bestaan uit ‘n klomp gemeentes wat saam goedere vir die dorp doen, sien uit om almal by hul jaarlikse Carols by Candlelight-geleentheid te verwelkom ten bate van Door of Care and Safety.

Vanjaar se Carols by Candlelight gaan plaasvind op Hoërskool Riebeeckrand se sportveld op Saterdag, 26 November om 18:30 vir 19:00.

Bemarker van die geleentheid, Enrico van Aswegen, het vertel dat hulle beoog om ‘n platform te skep waar die gemeenskap kan saamkom en liedere sing. Hulle wil ook deur hierdie samekoms verskeie grense oorsteek.

“Die visie is dat hierdie geleentheid elke jaar sal groei en dat meer en meer mense elke jaar die geleentheid sal bywoon.”

Die ingang is gratis maar daar word gevra dat die wat wil, goedere kan saambring om te skenk vir die Door of Care and Safety. Tans benodig hul Infacare nommer 1 en 2 formule melk en nommer 4 grootte doeke. Daar kan ook enige ander baba produkte geskenk word.

Vir meer inligting stuur vir Enrico ‘n boodskap by 071 603 1773.

Vanjaar se Carols by Candlelight gaan plaasvind op Hoërskool Riebeeckrand se sportveld op Saterdag, 26 November om 18:30 vir 19:00. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button