EntertainmentKidsLocal news

Disney Kerspartytjie vir kinders van Rikasrus

Mapogo Sekuriteit het Kersvader 'raakgeloop' en hom speel-speel 'geboei' want hulle het gedink hy wil inbreek.

Die kinders van Rikasrus het op Saterdag, 3 Desember ‘n onvergeetlike Kerspartytjie gehad met Disney as die tema.

Een van die organiseerders, Karen Botha het vertel dat die dag gehou is om kinders in die gemeenskap spesiaal te laat voel en te bederf.

“Hulle het deur die dag lekkers, geskenke asook kos gekry en alles is moontlik gemaak deur borge en inwoners van die plotte en Randfontein.

“As pret het Kersvader ‘verdwaal’ en by ons ouhuis probeer ingaan want hy het nie geweet ons het getrek nie. Mapogo Sekuriteit het hom toe ‘raakgeloop’ en speel-speel ‘geboei’ want hulle het gedink hy wil inbreek. Gelukkig het hy gesê dat hy elke jaar die Rikasrus Kersfeespartytjie bywoon en hulle het hom toe na die plot geneem waar die partytjie gehou is.”

Mickey Muis, Minnie Muis, Donald Duck en Pumba die vlakvark het ook die kinders vermaak en saam met hulle gespeel.

Karen het vertel dat vanjaar die sewende jaar is wat hul hierdie Kerspartytjie aanbied. Hulle wil graag vir elkeen wat hulle elke jaar help ook bedank vir hulle bydrae.

Kersvader arriveer by die Kerspartytjie. Foto ingestuur.
Kersvader deel geskenke uit. Foto ingestuur.
Die kinders was bederf met ‘n Disneyland-partytjie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button