Local newsSport

Teine skop sy 2023-seisoen af

Randfontein Rugbyklub is baie positief en sien 2023 as 'n geleentheid om meer trofeë huis toe te bing. Oefeninge het ook reeds afgeskop.

Randfontein Rugbyklub is slaggereed vir die nuwe jaar en beoog om meer trofeë huistoe te bring in 2023.

Die klub het op Dinsdag, 3 Januarie afgeskop met hul eerste oefeninge vir die jaar en direkteur van rugby Hennie van Eck het vertel dat hulle almal opgewonde is om weer op die veld te wees.

Lees ook: Teine ends year with touch rugby tournament

“Die klub het ‘n baie geseënde jaar gehad en sal graag op dit wil voortbou.”

Hy het vertel dat die doelwitte vir die jaar is dat al hul spanne in die liga finaal speel en dat daar ook meer toeskouers, veral gesinne, na die tuis wedstryde kom kyk. Hulle het ook ‘n nuwe toernooi waaraan hul gaan deelneem en die klub kyk ook daarna ‘n moontlike deur die jaar op toer te gaan.

“Die eerste oefening was baie hard gewees, ons kon sien die spelers het ‘n lekker vakansie gehad.”

Volgens Hennie vra hul dat die gemeenskap hulle sal ondersteun met hul tuiswedstryde omdat die spelers regtig hard werk om Randfontein se naam hoog te hou en hulle waardeer dit as die stadion lekker vol is op wedstryd dae.

Lees ook: Teine-rugbyspelers vereer vir uitmuntende 2022-seisoen

Oefening is op Maandae, Dinsdae en Donderdae van 18:30 tot 20:00 vir die mans en die vroue oefen op Maandae en Woensdae van 18:30 tot 20:00.

Die eerste wedstryd vir Randfontein is op Saterdag, 11 Februarie teen Rustenburg Impala in Rustenburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button