Local newsSchoolsSport

Die Noordvaal-beker is Riebeeckrand s’n!

Hoërskool Riebeeckrand se o16-rugbyspan kan breëbors loop nadat hulle die SDC Noordvaal-trofee ingepalm het.

Hoërskool Riebeeckrand het vanjaar behoorlik geskiedenis gemaak nadat al hul rugbyspanne in die finaal van hul onderskeie ligas gespeel het. Maar dis nie al nie.

Die skool se o14- en o16-rugbyspanne het uiteindelik deurgedring na die semifinaal van die Noordvaal Kampioenskap. Alhoewel die o14’s tot die bittereinde geveg het, het hul wel met een punt kortgekom teen Hoërskool Overvaal.

Riebeeckrand se Reinhard Eloff storm voort.

Riebeeckrand se o16’s was wel witwarm en eers met Hoërskool Wolmaransstad 15–10 in die halfeindstryd afgereken. Hul het toe hul plek in die eindstryd bespreek en teen Hoërskool Vryburg te staan gekom waar hul 22–20 geseëvier het. Die span is dus as die SDC Noordvaal-wenners van afdeling 3 gekroon.

Enrico de Cio weeg sy opsies op.

“Ons is geweldig trots op elkeen van ons spanne. Ons rugby het van krag tot krag gegroei vanjaar en ons beoog om die volgende rugbyseisoen met dieselfde determinasie aan te pak,” het skoolwoordvoerder Carina Collins gesê.

Mika Seatte sien ‘n gaping.
Bladen Gun snol by die kantlyn af.

Related Articles

 
Back to top button