Gemeenskap bou ‘n verhoog vir die graad 12-leerders
Die gemeenskap van Toekomsrus het saamgetrek om die graad 12-leerders te bederf vir hul matriekafskeid.
Die gemeenskap het ‘n verhoog gebou om die graad 12-leerders geluk te wens voor hul matriekafskeid.
Koekie Allie, ’n lid van die gemeenskap, het verduidelik dat hulle ’n verhoog gebou het waarop die graad 12-leerders saam met hul gesinne kan stap sodat die hele gemeenskap hulle kan gelukwens.
Sy het vertel dat die leerders in vorige jare by die plaaslike vulstasie bymekaargekom het voordat hulle na hul matriekafskeid vertrek het. Dit het egter ‘n gevaar ingehou aangesien daar ‘n ongeluk of ‘n brand kan wees. Sy het ook genoem dat dit nie juis georganiseer is nie en hulle voel iets moet gedoen word.
Sy het genoem dat hulle danksy skenkers sowel as DA-aktiviste en raadslede nou die verhoog kon bou om die leerders hul oomblik in die kollig te bied.
“Dit is hoog en stylvol genoeg vir ‘n eerbare seremonie vir almal wat die dag daar gaan wees. Die area word nou gereeld skoongemaak en onderhou deur aktiviste van die DA,” het Koekie gesê.
“Foto’s van motors met vlerke, uitrustings sonder perke en ‘n glansgeleentheid vir ‘n baie trotse nasie! Dit is wat op hierdie dag verwag kan word!”
Die leerders wat die dag op die verhoog gaan stap sluit in alle graad 12-leerders van Toekomsrus wat skool klaarmaak.
Sy het bygevoeg dat die voordele van die verhoog die inspirasie insluit wat dit aan ander leerders sal verskaf om graad 12 te voltooi en ook op die verhoog te verskyn. Die verhoog kan ook ‘n plek bied vir kleinhandelaars om hul produkte te verkoop.
“Die idee is om hierdie projek elke jaar te verbeter om sodoende ’n aangename ervaring aan alle onderwysers, ouers, graad 12-leerders en die gemeenskap as geheel te bied,” het Koekie gesê.
Sy het bygevoeg dat hulle ook eerstejaarstudente wil afsien wat in Januarie volgende jaar vertrek.