Local news

Jaarlikse Kersliggie-rit bring lig en vreugde na die dorp

Byna 150 fietsryers van Toekies, Mohlakeng, Krugersdorp, Randfontein en selfs Alberton het RandMark se Kersliggie-rit aangepak.

RandMark se jaarlikse Kersliggie-rit het die dorp omtrent aan die gons gehad.

Op 6 Desember het talle fietsryers en motors die beplande roete deur die dorp gevolg om die vreugde van Kersfees met ander te deel.

Nico Smit. Foto: Dominique Duvenhage.

Trudie Reid van RandMark het gesê, “Ek dink dit was ‘n baie groot sukses en ons het vanjaar baie komplimente van deelnemers gekry wat gesê het dit was baie suksesvol.”

Gemeenskapslede het hul gate uit geniet tydens die Kersliggie-rit.

Sy het genoem dat daar ongeveer 145 fietsryers was wat aan die rit deelgeneem het met mense van so ver as Toekomsrus, Mohlakeng, Krugersdorp en selfs Alberton wat deelgeneem het. Hulle het ook kos ingesamel vir No More Tears Animal Rescue en selfs na die tyd het mense ook kos afgelaai.

Linda Stander.

“Die gemeenskap was absoluut fantasties! Hulle het buite op die sypaadjies gestaan of op kampstoele gesit en vir ons hande geklap en toeters geblaas. Dit was so ‘n feestelike atmosfeer!”

Trudie Reid en Stephan Hendriks. Foto ingestuur.

Trudie het bygevoeg dat hulle beslis volgende jaar weer die rit gaan doen en hoop om dit nog groter as vanjaar te maak. Hulle sal dan weer ‘n organisasie kies om te help.

Die span van No More Tears Animal Rescue saam met die donasies wat hulle ontvang het. Foto ingestuur.

“Ons as RandMark bedank graag vir JP de Beer van Crime Prevention asook Mapogo A Mathamaga vir hul hulp! Sonder hul hulp sou ons nie so ‘n groot sukses gewees het nie!”

Gemeenskapslede het hul gate uit geniet tydens die Kersliggie-rit. Foto: Dominique Duvenhage.
Maritsa Minnie. Foto: Dominique Duvenhage.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button