Local news

Milestone se bejaardes gaan groot vir Kersfees

Milestone se inwoners was bederf met 'n prettige Kersete om die feesseisoen amptelik af te sluit.

Milestone Sentrum het die feesseisoen in goeie Kersgees en op ‘n vol maag afgesluit.

Hulle beplan nou om die nuwe jaar voorspoedig te begin.

Die sentrum vir bejaardes het verlede maand ’n prettige Kersete gehou wat ook as afsluiting vir 2024 gedien het.

Volgens bestuurder Anet Latsky het elke inwoner ‘n geskenk ontvang wat deur African Properties geborg is. Gaskunstenaar Ruan Tennant het op die dag vir vermaak gesorg.

“Die geleentheid was baie suksesvol en talle inwoners het positiewe terugvoering gegee,” het Anet vertel.

Inwoner Rita Brits het uitgedruk, “Dankie vir alles. Dit was puik. Die organisasie, die kos en die geskenke!”

“Dit was baie lekker. Almal het saamgewerk en was so vriendelik met mekaar. Bly ons het die jaar so afgesluit. Baie dankie. Die atmosfeer was wonderlik,” het inwoner André Swanepoel vertel.

“Ek wil net sê welgedaan op ‘n uitstekende afsluiting. Die saal se versierings, organisering, kos, drinkgoed en die vermaak was fantasties,” het Joyce Venter, nog ‘n inwoner, afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button