En die Kersliggiekompetisie se wenners is…
Ná ’n skitterende feestyd is die Kersliggiekompetisie afgesluit met ’n prysuitdeling om die wenners te bekroon.
Die Kersliggiekompetisie se prysuitdeling het onlangs gewys wie se huis die helderste geskitter het gedurende die feestyd.
Die geleentheid het in Mopanistraat plaasgevind waar talle inwoners saamgetrek het. Een van die organiseerders, Matiam van Vuuren, het gesê die kompetisie het goed afgeloop.
“Die gemeenskap het verlede jaar weer soveel moeite gedoen om die dorp op te kikker. Ons het ongelooflike mooi huise gesien en dit was moeilik om ‘n wenner te kies,” het Matiam gesê.

Die eerste plek wenner was Da Gamastraat 30 wat deur Martin Page opgeëis is. Edelweiss Sequirra behaal ‘n tweede plek met sy huis in Van Der Stelstraat 24. Die derde plek is behaal deur Aldino Pita van Spingbokstraat 19.

Wim van Vliet van Vriendskap Tuiste het erkenning ontvang vir sy Kersliggies.
Die toekenningseremonie het ‘n nuwe kategorie gehad, naamlik die Legends Achievement Awards.
“Die kategorie is vir diegene wat elke jaar deelneem en steeds die moeite doen om die strate op te kikker,” het Matiam verduidelik.
Eliza Scholtz van Stilista, Gwendoline Consalves van Smutsstraat 102 en Wyntjie Brits op die hoek van Pad 1 en Pemberthystraat is in hierdie kategorie erken.

Daar was ook ‘n voertuigkategorie waarin drie mense erkenning ontvang het. Kevin Steyn, Andrew Wright en Dominic Ritchie is erken vir hul versierde voertuie.



