Local news

Jong lat se moo-wiese verrassing vir meisie

Die hoofdogter van Laerskool Randfontein is op haar 13de verjaarsdag met ’n kalfie verras deur haar kêrel.

Vir haar 13de verjaarsdag het die onderhoofseun van Laerskool Randfontein, Eben Nel, die hoofdogter, Mieke van Rooyen, met ’n kalfie verras.

Eben het verduidelik dat die idee van Mieke se ma gekom het. Sy het vir hom ’n grap vertel en gesê hy moet vir haar dogter ’n koei gee, aangesien sy so baie melk drink. Eben het vertel dat sy familie ’n melkboerdery het, en toe het hy die blink idee gekry om wel vir Mieke ’n kalfie te gee.

“Die kalfie is baie oulik en ek hou baie daarvan,” het Mieke gesê oor die besondere geskenk.

Mieke het geen idee gehad wat haar geskenk sou wees nie, alhoewel haar familie in die geheim betrokke was. Hulle het besluit om die kalfie Ebbies te noem, en hy bly tans by Mieke se familie op ’n plot.

Die paartjie het vertel hulle ken mekaar al lank en was elke jaar in dieselfde klas, behalwe hierdie jaar. Mieke het die eerste skuif gemaak, en aan die einde van Oktober gaan hulle al ’n jaar uit wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Chanté Bolton

Chanté Bolton started her journalism career at the Roodepoort Record in 2023. In February 2024, she joined the Randfontein Herald family. She received her BA in Communication from the North West University in 2021. In 2022 she received her BA Honours degree in English Language and Literature. Chanté wants to be the voice of the community.

Related Articles

Back to top button