Local news

Jaarlikse kermis ‘n groot sukses vir Connie Mulder en publiek

Tydens die Connie Mulder Sentrum se kermis het die inwoners die dag ten volle geniet, by die stalletjies gaan kuier en saam met talle lede van die gemeenskap gesellig deurgebring.

Die Connie Mulder Sentrum het onlangs hul jaarlikse kermis aangebied – ’n opwindende geleentheid waar inwoners en personeel saam met die gemeenskap kon kuier en feesvier.

Bestuurshoof van die sentrum, Elona Uys, het verduidelik dat baie van die ouer inwoners nie elke tweede week saam met die bus dorp toe kan gaan nie. Sy het beklemtoon hoe belangrik dit is dat hulle steeds kontak met die gemeenskap behou.

Hannetjie Marx en Petra Alblas. Foto: Chantè Bolton

“Die jaarlikse kermis bied juis aan die inwoners en dagwerkers die geleentheid om ’n dag saam met die publiek deur te bring en sosiaal betrokke te wees,” sê Elona.

Sy het bygevoeg dat die inwoners die hele jaar uitsien na hierdie dag.

Palesa Sehularo. Foto: Chantè Bolton

“Ons laat hulle toe om lekkergoed en kos te koop, en dit is vir hulle ’n groot bederfdag. Deur die jaar maak die inwoners verskeie items in hul werkswinkels, wat dan tydens die kermis verkoop word,” het sy verduidelik.

Elnita, Edith en Vanessa Els. Foto: Chantè Bolton

Elona het ook haar dank uitgespreek teenoor almal wat die dag ondersteun het, en gesê sy glo dit was die grootste sukses nog.

Louise Minaar en Elona Uys. Foto: Chantè Bolton

“Sonder julle hulp kan ons nie hierdie funksie aanbied nie. Van die musiek tot almal se harde werk en donasies – baie dankie. Ek wil ook aan ons beheerraad en personeel baie dankie sê vir julle hulp. Ek is trots om saam met julle te kan werk,” het Elona afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Chanté Bolton

Chanté Bolton started her journalism career at the Roodepoort Record in 2023. In February 2024, she joined the Randfontein Herald family. She received her BA in Communication from the North West University in 2021. In 2022 she received her BA Honours degree in English Language and Literature. Chanté wants to be the voice of the community.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button