Local news

Toekomsrus-gebedsgroep eindig die jaar sterk en nooi gemeenskap om nader te tree

Tydens hul onlangse afskeidgeleentheid het die Jesus Ladies op die afgelope jaar teruggekyk en hulle verwagting en hoop vir die nuwe jaar uitgespreek.

Die Jesus Ladies-gebedsgroep van Toekomsrus het onlangs hul jaarlikse afsluiting gehou en hulle hoop vir 2026 gedeel.

Op 13 November het die groep byeengekom vir ‘n spesiale afskeidgeleentheid wat, volgens lid Veronica Smith, ‘n groot sukses was en selfs kuiergaste ingesluit het.

Gedurende die jaar het die groep gereeld bidure georganiseer, en aan die einde van elke maand het vroue van verskillende kerke in Toekomsrus saamgekom om te bid. Die groep het ook huisbesoeke onderneem.

Hulle sien nou uit na nuwe uitdagings in 2026 en nooi die gemeenskap uit om by hul gebedsgroep aan te sluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Chanté Bolton

Chanté Bolton started her journalism career at the Roodepoort Record in 2023. In February 2024, she joined the Randfontein Herald family. She received her BA in Communication from the North West University in 2021. In 2022 she received her BA Honours degree in English Language and Literature. Chanté wants to be the voice of the community.

Related Articles

Back to top button