Local news

Strate vol liggies en Kersliedere tref Randfontein

Op 5 Desember sal Randfontein se strate skitter met helder liggies en koorliedere. Ds Edwin van Wyk nooi die gemeenskap uit om hierdie spesiale aand saam te geniet.

Die gewilde Carols by Candlelight-geleentheid maak vanjaar weer sy verskyning, en ’n vragmotor met ’n koor sal deur die dorp ry om die feestyd te vier.

Volgens ds Edwin van Wyk werk verskeie gemeentes elke jaar saam om iets besonder aan die dorp terug te gee. Gedurende hierdie aand sal Kersliedere vanaf die vragmotor gesing word, waarna geskenke by Renaisance, Randpoort Tuiste, Vriendskap Tuiste en aan die publiek uitgedeel word.

Hy het verder verduidelik dat daar jaarliks ’n verdienstelike instansie uit Randfontein gekies word om hul werksaamhede en behoeftes aan die publiek bekend te stel. Hierdie jaar is The Golden Oldies Care Centre for the Aged, wat ouer persone versorg, as een van die instansies gekies.

Die vragmotor vertrek omstreeks 17:00 vanaf NGK Randpoort op 5 Desember.

“Ouers, kinders en motoriste wat in die konvooi wil saamry, moet reeds om 16:45 op die kerkgronde wees,” het Edwin gesê.

Diegene wat nie op die vragmotor ry nie, kan die aand saam met Kerssang en musiek by Tambotie Mall vanaf 18:30 geniet.

Vir meer inligting, kontak Edwin by 082 305 5807 of Stephen by 066 267 6391.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button