Local news

RandWest DBV kry broodnodige finansiële hupstoot

Die RandWest DBV se onlangse fondsinsameling het feestelike oomblikke opgelewer, met die ontmoeting van die geliefde sangeres Nadine as hoogtepunt.

Om die druk op hul finansies te verlig, het die RandWest Dierebeskermingsvereniging (DBV) onlangs ’n fondsinsameling aangebied nadat ’n plaaslike kroeg in Tarlton hulle genooi het om by hul dagprogram aan te sluit.

Op 22 November het die DBV verskeie stalletjies en ’n waterglybaan aangebied vir inwoners om te geniet. Die bekende sangeres Nadine het dié aand opgetree, terwyl die Springbokke se oorwinning op feestelike wyse saam gevier is.

Waarnemende voorsitter van die DBV, Manché Fourie, het verduidelik dat die vereniging reeds sowat R50 000 per maand aan veeartsrekeninge en petrol bestee. Daarom was hierdie fondsinsameling van groot waarde om die DBV se uitgawes te help dra.

In totaal is R4 300 tydens die geleentheid ingesamel.

“Die hoogtepunt van die dag was beslis toe ons vir Nadine ontmoet het. Sy het self ’n sagte hart vir diere en ondersteun die werk wat ons doen,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Back to top button