Local news

Laat daar lig wees! Kersliggiekompetisie keer terug

Maak jou Kersliggies gereed en neem deel aan Randfontein se blinkste Kersversieringskompetisie op 5 Desember.

Die Randfontein Publisiteitsvereniging (RPA) bied vanjaar weer hul Kersliggiekompetisie aan, om inwoners met die blinkste Kersliggies te beloon.

Volgens Matiam van Vuuren, ’n lid van die RPA, vind die kompetisie op 5 Desember plaas in samewerking met Carols by Candlelight en die Kersliggierit.

Tydens die rit deur die dorp sal beoordelaars, wat spesiaal aangewys is, op verskeie punte staan om die fietse, motors en huise te beoordeel.

Hierdie jaar is daar drie kategorieë: beste fietse, beste motors en beste huise. Daar is drie pryse beskikbaar in sowel die fiets- as motorkategorie. Die huiskategorie word verder verdeel in deelnemend en nie-deelnemend, met drie pryse vir elk.

Die wenners van die fietskategorie sal reeds dieselfde aand aangekondig word, terwyl die wenners van die motor- en huiskategorieë eers in Januarie bekend gemaak word.

Vir meer inligting, kontak Matiam by 084 411 2512.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Back to top button