BRIEF: Elke inwoner kan ‘n verskil maak
Inwoner skryf oor die klein begin van ‘n skoon Randfontein en hoop op meer betrokkenheid van almal.
• Anoniem skryf:
Na aanleiding van my brief aan die Randfontein Herald met opskrif, Randfontein, my eens trotse tuisdorp, nou ‘n skadu van homself in die 6 Februarie uitgawe, die volgende.
So dankbaar om te sien daar het darem ‘n klein bietjie gebeur in my dorpie. Amper kan ons weer droom van ‘n skoon dorp maar daar kort nog so 99.9% se werk.
Vullis op die hoek van Lazarstraat is opgeruim, maar een oggend toe ek daar verby ry het daar wragties weer ‘n paar swart sakke se vullis daar gelê. Ek wil vir die persoon sê wat dit daar gegooi het dit is nie ‘n stortingsterrein nie. Het jy geen respek nie? Help die dorp skoonhou. Dit is net ‘n begin. Waar is jou trots? Verseker nie in die dorp nie. As elke inwoner ‘n klein deel bydrae sal dit ‘n begin wees.
Dalk sal die stadsraad sien al die inwoners gee om dan kan hul dalk die paaie begin herstel.
Net uit my oogpunt was dit lekker om daai prentjie te sien.



