Local news

Wes-Rand Nooddienste held tree af na 40 jaar

Wes-Rand Nooddienste se streeksbevelvoerder Gerhard Nieuwoudt hang sy brandweerbaadjie op na ’n loopbaan vol reddings, leierskap en diens.

Na meer as vier dekades van diens het Wes-Rand Nooddienste se streeksbevelvoerder, Gerhard Nieuwoudt (60), op 27 Februarie sy brandweerbaadjie vir die laaste keer opgehang.

Hy het sy loopbaan in 1984 as skoolverlater by die brandweer begin, later diens gedoen by die lugmag se brandweer, en uiteindelik in die Wes-Rand tot streeksbevelvoerder gevorder.

“Deur al die jare was daar talle hoogtepunte, maar wat vir my uitsonder, is die voorreg om saam met verskillende mense te werk en die beste diens aan die gemeenskap te lewer,” het hy gesê.

Lees hier: Sterbelaaide verhoog wag op Gouefeesgangers

Gedurende sy termyn as bevelvoerder het hy respek by sy personeel afgedwing en bekwaamde nooddienspersoneel opgelei. Hy beskryf Krugersdorp se brandweermanne en -vroue as van die beste in die land.

“Ek het ’n passie vir my mense, en dit is hartseer om te groet, maar ek laat bekwaamde personeel en kosbare vriende agter,” het hy afgesluit.

Die volledige storie verskyn in volgende week se uitgawe van die Krugersdorp News (6 Maart).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.

Related Articles

Back to top button