Schools
Rappies-groentetuin volstoom aan die gang
Laerskool Rapportryer se nuwe groentetuin maak voorsiening vir die opvoeding van leerders asook 'n beplande voedingskema.
Om hul voedingskema ‘n stap verder te neem, het Laerskool Rapportryer die inisiatief geneem om hul eie groentetuin te begin.
Dié groentetuin is reeds in volle swang en Rappies beplan om hul minderbevoorregte leerders van verskeie kosopsies te voorsien.
Volgens Celeste Wentzel, skoolwoordvoerder, sal hierdie groente verwerk word en dan aan die leerders verskaf word.
Sy het verder verduidelik dat die tuin ook sal bydra tot ‘n positiewe impak deur praktiese kennis te verskaf aan die leerders wat na die tuin omsien. Die tuin skep dus ‘n belangrikheid van beide omgewingsbewustheid en samewerking.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



