Laerskool Rapportryer het Internasionale Melktertdag op ’n smaaklike manier gevier deur ’n spesiale melktertproegeleentheid te hou.
Volgens woordvoerder Celeste Wentzel het die personeel hul gunsteling melktertresepte gebring en die dag gevul met heerlike geure, tradisie en geselligheid.
• Lees ook: Rappies vier Wêreldmoedertaaldag
“Van die klassieke, fyn kaneelbesprinkelde melktert tot kreatiewe variasies met moderne geure – daar was iets vir elke soettand om te proe. Personeel het nie net hul heerlike skeppings gedeel nie, maar ook hul geheime resepte en bakwenke met mekaar uitgeruil,” het sy gesê.
Dit is wonderlik om saam ’n tradisionele Suid-Afrikaanse bederf soos melktert te vier,” het een van die onderwysers gesê.
“Elke happie bring nostalgie en herinneringe aan huislike warmte en familie.
“Die dag was ‘n groot sukses en het beslis vir baie gelukkige en tevrede personeel gesorg. Rappies sien reeds uit na volgende jaar se Internasionale Melktertdag – dalk met nog ‘n paar geheime resepte om te deel!” het Celeste afgesluit.



