Hoe vier RAM-leerders Paasfees?
Laerskool Randfontein se leerders deel hul familietradisies tydens Paasfees.
Die leerders van Laerskool Randfontein het onthul hoe hulle die Paasnaweek gaan vier.
Shaun van Rooyen het verduidelik, “My ma steek Paaseiers weg wat ek en my sussie dan soek. Die een wat wen, kry ‘n ekstra Paashasie.”

Jeandre Botma het gesê, “Ons gaan eerst kerk toe waar daar vir ons vertel word oor Paasfees. Daarna gaan ons terug huistoe waar ons net gelukkig bymekaar gaan wees.”

Mienke Scheepers het vertel, “In die oggend lees ons uit die Bybel en bid. Daarna gaan ons op ‘n Paaseier-jag. In die aand lees ons weer uit die Bybel en bid.”
Martie Pretorius het genoem, “Paasfees herinner my daaraan dat Jesus aan die kruis gesterf het. Ons vier dit deur kerk toe te gaan en uit die Bybel te lees.”

Miandi Tromp het afgesluit “Ons gaan kuier by my niggie waar ons bid en ‘n lekker ete en Paaseiers gaan geniet.”




