Schools

Dit gaan oor Jesus – Rappies-leerder

Opgewonde Rappie-leerders oor hul liefde vir Paasfees en wat hulle gaan doen hierdie langnaweek.

Die Paashaas het ‘n draai by Laerskool Rapportryer gemaak om te hoor hoekom hul so baie van Paasfees hou.

• Lees ook: Dominee Van Wyk oor Paasfees

“Ek is baie opgewonde om vir Paaseiers te soek. Ek hou baie van Paasfees want ek kan lekker saam met my maats speel,” het Gabby Rodrigues vertel.

Gabby Rodrigues.

Nog ‘n opgewonde leerder, Isabella Rodrigues, het vertel dat Paasfees haar gunsteling is.

“Dit gaan oor Jesus en ek hou baie van Jesus. Paasfees is lekker want almal kan saam speel,” het Isabella uitgedruk.

Isabella Rodrigues.

Luché Lubbe het gesê, “Dit is baie lekker want dan is dit vakansie en ek kan baie tyd saam met my familie spandeer.”

“Ek hou daarvan dat ons eiers kan gaan soek. Ek wil hierdie Paasfees saam met my sussies en niggies spandeer,” het Lucia Lubbe genoem.

Lucia Lubbe

Rosie Legote sien baie uit om malvalekkereiers te eet saam met haar familie en maats.

Rosie Legote.

“Ek dink altyd aan Liewe Jesus wat op die kruis doodgegaan het om ons sondes weg te spoel. Ek dink altyd daaraan wanneer ek ‘n Paaseier vashou,” het Karli Dreyer opgemerk.

Karli Dreyer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button