Schools

RAMkriekies besoek die plaas

Die RAMkriekies-leerders het onlangs die wonder van die plaas beleef tydens hul uitstappie na 'n boerdery waar hulle lekker trekker gery het en koeie gemelk het.

Leerders van RAMkriekies het onlangs hul kennis oor plaaswerk en die plaaslewe versterk.

• Lees ook: ‘n Trekkerrit en plaasdiere vir RAM-leerders

Woordvoerder Annalie Grobbelaar het vertel dat vyf van hul voorskoolse klasse die plaas Doornfontein waar C Nel Boerdery geleë is, besoek.

Kanelo Hodini het die trekker uitgetoets. Foto ongestuur

“Die leerders het geleer hoe om beeste te melk en ook van die melkprodukte gedrink. Hulle het ook die geleentheid gekry om op die sleepwa van ‘n trekker te ry.

Die doel van die uitstappie was om ons kinders bewus te maak van waar melk vandaan kom en wat is beter as om dit met jou eie ogies te sien en te beleef.

“Die busrit was ook net so lekker; om net in die skool se groot bus te kon ry soontoe en terug,” het Annalie gesê.

“Dit was so lekker gewees en so spesiaal om hul gesiggies te sien blom met die uitstappie,” het sy afgesluit.

RAMkriekies tydens hul plaasuitstappie. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button