Schools

‘n Trekkerrit en plaasdiere vir RAM-leerders

Laerskool Randfontein leer van die plaas tydens hul besoek aan Hoërskool Bekker.

Laerskool Randfontein het onlangs Hoërskool Bekker besoek as deel van hul Lewensvaardigheidstema: Plaasdiere en Boerdery.

• Lees ook: Karakterdag by RAM

Volgens Annelien Bezuidenhout, ‘n onderwyser by Laerskool Randfontein (RAM), het die graad 2-leerders die uitstappie meegemaak om meer oor die plaaslewe te leer.

“Dit was ’n dag vol ontdekking en opgewondenheid waar die kinders eerstehands kon ervaar hoe ‘n plaas funksioneer. Hulle het geleer oor melkkoeie, vrylopende hoenders, lêhoenders, bokke en skape, asook die waardevolle produkte wat ons van hierdie diere kry,” verduidelik sy.

Venique du Toit wys haar opwinding tydens Laerskool Randfontein se besoek aan Hoërskool Bekker. Foto ingestuur.

Die leerders het ook interessante feite oor manlike en vroulike diere, asook die name van hul kleintjies, geleer. Die hoogtepunt was egter die kennismaking met planttonnels, waar plante onder beskerming kan groei.

Annelien voeg by, “Die ware hoogtepunt van die uitstappie was die trekkerrit! Met die wind deur hul hare en groot glimlagte op hul gesigte, het die leerders gelag en gegil van opwinding. Terwyl hulle tussen die diere gery het, het hulle uit volle bors ‘Old MacDonald Had a Farm’ gesing.”

Die dag is afgesluit met ’n piekniek in die buitelug, waar daar lekker gesmul, gekuier en gelag is.

Die leerders het elke oomblik waardeer en met nuwe kennis huis toe gegaan. Wat ‘n wonderlike dag op die plaas!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button