Hoe vier RAM-leerders Jeugdag? So …
Die Leerders van Laerskool Randfontein deel hoe hulle 16 Junie gaan vier.
Laerskool Randfontein se leerders het gedeel hoe hulle Jeugdag vier en wat die dag vir hulle beteken.
• Lees ook: RAM-leerders deel hul opgewondenheid oor Jeugdag
André Jacobs het gesê, “Ons gaan by die huis bly en braai. Ons gaan ook vriende oornooi en die dag saam met hulle spandeer.”

Johlene Alberts het genoem dat hulle gaan braai en die familie oornooi.
Ons gaan die dag saam geniet en lekker ontspan.”

Miya-Li Viljoen het vertel hulle gaan as ‘n huisgesin by haar ouma braai en lekker koek en poeding eet.

Dehan du Preez en Cayden Thompson het gedeel wat Jeugdag vir hulle beteken, “Leerders het betoog vir hul regte en geveg om skool toe te gaan.”

Keegan Carlson het vertel sy familie spandeer die dag saam en is net rustig by die huis.

Biandrie Viljoen het bygevoeg, “Oupa gaan vir ons kom kuier en dan gaan ons weer vir hom kuier.”



