Schools

Suksesvolle fondsinsameling eindig met verrassing vir Rappies

'n Prettige uitstappie vir Laerskool Rapportryer het gesorg vir ordentlike bederf na die sukses van 'n noodsaaklike fondsinsamelingsprojek.

Laerskool Rapportryer het hul leerders beloon nadat hulle alle verwagtinge oortref het tydens ’n onlangse fondsinsamelingsprojek.

Volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel is leerders aangemoedig om geld in te samel vir die opgradering van die skool se badkamers.

Mighael Lee geniet ‘n peuselhappie by Total Ninja.

“Hierdie projek is noodsaaklik aangesien almal daarby baat. Die fondsinsameling was ’n reuse sukses, en daarom het die skool besluit om die leerders te bederf vir hul toewyding. Dus het die bekende Afrikaanse sanger Eloff die verhoog betree en hulle vermaak.

Danika Bam.

“Verder is leerders wat die meeste bygedra het, koninklik beloon met ’n uitstappie na ysskaats én Total Ninja.”

Owen Grewar.

Die dinamiese organiseerders agter die projek, Celeste en onderhoof Chris Ras, het met trots na die sukses verwys.

Jayden Edwards vat ‘n blaaskans.

“Rappies het weereens gewys wat hulle kan doen!” het albei opgewonde gesê.

Onderwysers Mariska van der Merwe en Gemma Botha skaats saam met leerders.

“Ons is reeds hard aan die beplan vir 2026 se fondsinsamelingsprojek – en glo my, dit gaan nóg groter wees!”

Sonja Erasmus geniet haar pikkewyn wat saam skaats.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button