Schools

Sewe Rappies haal Gauteng-Wes krieketspan

Laerskool Rapportryer se o.9- en o.10-krieketspanne vier hul prestasies nadat sewe spelers in die Gauteng-Wes Krieketspan opgeneem is.

Met die begin van die nuwe krieketseisoen het Laerskool Rapportryer se o.9- en o.10-spanne reeds die kollig gesteel, met verskeie spelers wat gekies is vir die Gauteng-Wes Krieketspan as beloning vir hul prestasies.

Die onlangse liga het ook as Gauteng-Wes-proewe gedien en, volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel, kan sewe seuns nou met groot prestasies spog.

Sian Botha, Juvan du Toit en Rewan Kelly is vir die o.9-Gauteng-Wes Krieketspan gekies, terwyl Steyn du Plooy, Luan van Sittert, Zethan Naudé en Duncan Smit die o.10-span gaan verteenwoordig.

“Hierdie is die derde keer wat ek die Gauteng-Wes-span haal. Ek is trots daarop,” het Steyn gesê.

Luan glo sy plek is te danke aan sy boulwerk. “Tydens die liga het ek ook die meeste lopies geslaan,” het hy vertel.

Dit is intussen Zethan se tweede keer in die span en hy meen dit is ’n groot prestasie na al sy harde werk.

“Ek is baie bly. Ek het hard gewerk aan my boul- en kolfwerk,” het Duncan bygevoeg.

“Ons is baie trots op hierdie spanne se harde werk en entoesiasme. Hulle verdien dit,” het Celeste gesê.

Die seuns sal nou aan die Gauteng-Wes-toernooi deelneem waar hulle teen ander streke gaan kompeteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Back to top button