Schools

Klein entrepreneurs, groot drome by Rappies

Laerskool Rapportryer se graad 7-leerders het hul entrepreneursvernuf gewys tydens die jaarlikse markdag waar verskeie stalletjies groot opgewondenheid gewek het.

’n Markdag vol geure, gaafheid en glimlagte het vir groot pret gesorg toe Laerskool Rapportryer se graad 7’s hul entrepreneursvaardighede wys.

Volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel was die terrein onlangs versier met ’n groot verskeidenheid kleurvolle stalletjies onder leiding van Errard Ernsting, wat die dag gekoördineer het.

“Daar was van varsgebakte lekkernye en heerlike eetgoed tot prettige speletjies en unieke handgemaakte produkte,” sê sy.

Jenna van Staden en Hayleigh-Jean Laubscher by hul koffiestalletjie.

Sy het bygevoeg dat ouers, onderwysers en leerders in groot getalle opgedaag het om die jong entrepreneurs te ondersteun.

“Die dag het nie net vermaak gebring nie, maar ook belangrike vaardighede soos beplanning, spanwerk, kliëntediens en finansiële bestuur aan die leerders geleer,” aldus Celeste.

AJ die dinosourus.

Errard het met trots gesê die leerders het ongelooflik hard gewerk en dit was ’n voorreg om hul kreatiwiteit en deursettingsvermoë in aksie te sien.

“Hulle het beslis gewys dat hulle gereed is vir die uitdagings van hoërskool en die toekoms.”

Dylan Mellet.

Die markdag het afgesluit met ’n gevoel van trots en samehorigheid. Volgens Celeste het die graad 7-leerders beslis die maatstaf gelê vir toekomstige markdae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Back to top button