Schools
Trots loop oor by Riebeeckrand met 25 redenaar-toekennings
Hoërskool Riebeeckrand se leerders het uitmuntend presteer by die RACA Eisteddfod en 25 toekennings huis toe gebring.
Hoërskool Riebeeckrand het onlangs met trots hul leerders bekendgestel wat aan die RACA Eisteddfod redenaarskompetisie deelgeneem het.

Die spanne het ‘n totaal van 11 platinum-, sewe diamant- en sewe beoordelaarstoekennings ontvang.
Uitblinker-leerders sluit in Mila Labuschagne, Armand Martins, Wilner van Wyk, Carlo Jacobs, Waldo van Aswegen, Jamie Holmes en Thakgalo Sello (wat ‘n beoordelaarstoekenning verwerf het).

“Baie geluk aan hierdie spanne. Ons is trots op julle,” het skoolwoordvoerder Diana Nel gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



