Schools

Juf Celeste leef haar roeping in die klaskamer uit

Celeste Wentzel is aangekondig as een van Solidariteit se top-10-finaliste in die Laerskoolonderwyser van die Jaar-kategorie ná jare se toewyding om leerders se lewens te verander.

Laerskool Rapportryer se Celeste Wentzel is as top-10-finalis vir Solidariteit se Laerskoolonderwyser van die Jaar-toekenning aangekondig.

“Dit is ’n eer om finalis te wees, maar ek sien dit nie as my prestasie alleen nie. Dit is ’n weerspieëling van my kollegas, my skoolgemeenskap en my kinders. Ek voel dankbaar en nederig om erken te word tussen soveel toegewyde onderwysers,” sê sy oor die toekenning.

Toe Celeste van haar nominasie hoor, was sy oorweldig deur dankbaarheid en ongeloof. Sy glo haar vermoë om elke leerder as individu raak te sien, het tot die nominasie gelei. “Ek gee altyd my beste, want al is dit klein, maak dit dikwels steeds ’n verskil in ’n leerder se lewe,” verduidelik sy.

Met 21 jaar se ondervinding beskryf Celeste haar beroep as ’n roeping eerder as ’n werk.

“Ek het nog van kleins af geweet ek wil met kinders werk. Daar is iets ongelooflik mooi daaraan om ’n kind se oë te sien ophelder wanneer hulle iets verstaan. Die idee dat ek ’n klein rol kan speel in iemand se leerpad, het my nog altyd diep aangeraak,” sê sy.

Sy sien haar leerders as die kinders wat sy nooit self kon hê nie. “Daardie ‘Juffrou, kyk wat ek vandag gedoen het!’ is genoeg om my elke dag te motiveer,” sê sy met ’n glimlag.

Celeste beskryf haar onderrigstyl as prakties, met begrip, gesprek en humor as kernkomponente.

“Elke glimlag en drukkie maak saak. Leer moet iets wees wat kinders wil beleef – as hulle nie kan lag nie, kry hulle plooie in hul harte. Wanneer iets relevant en lekker is, raak hulle nuuskierig, en dan probeer ek dit aan hul daaglikse lewe koppel,” verduidelik sy.

Vir haar is ’n veilige, liefdevolle leeromgewing die grondslag van effektiewe onderwys – ’n plek waar kinders foute kan maak en steeds aangemoedig word om weer te probeer.

Ten spyte van die uitdagings in die onderwys, bly Celeste positief en gefokus op haar doel: om kinders te help word wat die wêreld gaan verander. Sy droom van ’n stelsel waar elke kind, ongeag agtergrond, toegang het tot gehalte-onderrig en waar onderwysers waardeer word.

Sy hoop haar prestasie inspireer jong onderwysers om hul drome na te jaag.

“Onthou: jy gaan nie elke dag sien hoe groot jou invloed is nie, maar moenie twyfel dat jy ’n verskil maak nie. Wees geduldig met jouself en onthou hoekom jy hierdie pad gekies het,” sluit sy af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Back to top button