Schools

Die RAMkat-boogkietspan sluit seisoen in Limpopo af

Laerskool Randfontein se boogskietskuts het indrukwekkende uitslae behaal by die AGA Interskole SA-boogskietkampioenskappe, terwyl hulle ook verskeie landmerke in Polokwane besoek het.

Laerskool Randfontein se boogskietspan het tydens die skoolvakansie Polokwane besoek, waar hulle aan die AGA Interskole SA Boogskietkampioenskappe deelgeneem het.

Volgens skoolwoordvoerder en afrigter, Annie Nolan, het die span van 6 tot 11 Oktober teen skuts van regoor Suid-Afrika meegeding. Die twee beste skole uit elke provinsie het deelgeneem, met altesaam 1 467 skuts wat aan die kampioenskappe deelgeneem het.

Die RAMkat-boogskietspan, bestaande uit 15 skuts van graad vier tot sewe, het uitstekend gevaar en ’n algehele agtste plek behaal.

Nastia Botes en Kiesha Cuhna. Foto ingestuur

Twee skuts, Nastia Botes en Keisha Cuhna, is ook in die provinsiale spanne opgeneem en het daar meegeding.

Annie het verder vertel dat sy ’n behoefte by Hoërskool Bastion se skuts opgemerk het en hulle die geleentheid gebied het om saam aan die toer deel te neem. Die groep het uit 35 leerders en 11 volwassenes bestaan en in Hoërskool Pietersburg se koshuis tuisgegaan. Sy het vir die groep verskeie aktiwiteite gereël, insluitend ’n vasvra-kompetisie, ’n besoek aan ’n melkplaas en die Magoebaskloof Canopy-toer. Sy het bygevoeg dat die besoek aan die Peter Mokaba-sokkerstadion ’n hoogtepunt was.

Lana-May le Roux melk ‘n koei tydens hul besoek aan Wegraakboch Melkplaas. Foto ingestuur

“Die boogskiettoer het vir meeste van die skuts hul eerste geleentheid gebied om Gauteng te verlaat en die Limpopo-provinsie te sien. Dit was ’n absolute belewenis,” het Annie gesê.

“RAMkat Boogskiet wil graag almal bedank wat ons gehelp het om in Polokwane te kom. Die gemeenskap van Randfontein het hul harte en beursies vir ons oopgemaak. Julle maak ons trots om te sê ons kom van Randfontein af! Die boogskietseisoen het nou amptelik tot ’n einde gekom en dit is behoorlik op ’n hoogtepunt afgesluit. Ons kan nie wag vir die 2026-seisoen en al die hoogtepunte wat dit gaan bring nie,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Chanté Bolton

Chanté Bolton started her journalism career at the Roodepoort Record in 2023. In February 2024, she joined the Randfontein Herald family. She received her BA in Communication from the North West University in 2021. In 2022 she received her BA Honours degree in English Language and Literature. Chanté wants to be the voice of the community.

Related Articles

Back to top button