Schools

RAM se krieketster vier groot prestasie

Laerskool Randfontein se JD Opperman vier sy prestasie en deel sy jarelange liefde vir krieket.

JD Opperman, ’n leerder van Laerskool Randfontein, het onlangs die opwindende nuus ontvang dat hy vir die Lions-krieketspan gekies is.

Oor sy prestasie het JD gesê: “Ek is baie bly en opgewonde. Ek glo ek het hard gewerk en ek hoop om nog meer in die toekoms te bereik.”

Hy het verduidelik dat hierdie mylpaal gevolg het nadat hy sy beste tydens die Gauteng-Wes-toernooi gelewer het. JD vertel dat hy reeds op sy derde verjaardag sy eerste krieketkolf en -helm as geskenk ontvang het, en dat hy selfs vóór dié tyd al belangstelling in die sport begin toon het.

“Dit is vir my lekker; ek geniet dit vreeslik en krieket leer jou baie. Ek dink dit is deel van my DNA,” het JD bygevoeg.

Hy deel ook advies aan ander: “Werk hard, gee jou beste en bly altyd nederig. Die belangrikste is om dit te geniet. Glo in jouself en bly positief. As jy hard werk, sal jy die vrugte daarvan pluk.”

JD het ten slotte ook Liewe Jesus bedank vir sy talent.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Chanté Bolton

Chanté Bolton started her journalism career at the Roodepoort Record in 2023. In February 2024, she joined the Randfontein Herald family. She received her BA in Communication from the North West University in 2021. In 2022 she received her BA Honours degree in English Language and Literature. Chanté wants to be the voice of the community.

Related Articles

Back to top button