Schools

Rappie-leerders leer die waarde van veiligheid

Solidariteit Helpende Hand wys vir Laerskool Rapportryer se leerders hoe belangrik algemene veiligheid is.

Laerskool Rapportryer het onlangs ‘n insiggewende besoek ontvang van Solidariteit Helpende Hand, wat ‘n betekenisvolle lesing oor veiligheid aan die leerders aangebied het.

Tydens die Handjievatprojek op 18 November is die leerders bewus gemaak van die noodsaaklikheid om veiligheid voortdurend toe te pas. Solidariteit het beklemtoon dat veiligheid by bewustheid en selfvertroue begin, en dat kinders reeds van ‘n jong ouderdom af toegerus moet wees om hulself te beskerm, ongeag hul omgewing.

Leerders is op ‘n praktiese en prettige wyse herinner aan basiese veiligheidsreëls, soos om altyd aan ‘n volwassene te kommunikeer waar hul is, om versigtig in die verkeer en openbare ruimtes op te tree, en om te weet wat om te doen in ‘n noodgeval.

Die span het ook gefokus op vreemdelingegevaar, en die kinders geleer om die tekens van gevaar te herken wanneer hulle deur onbekendes genader word. Die belangrikheid daarvan om ‘nee’ te sê, weg te beweeg en onmiddellik ‘n betroubare volwassene te kontak, is duidelik uitgelig.

Die Helpende Hand gelukbringer. Foto: Ingestuur

Emosionele veiligheid is ook bespreek. Leerders is gewaarsku oor die impak van skinder, boeliegedrag en seer woorde. Hulle is aangeraai om eerlik oor hul gevoelens te praat, om hulp te vra, en om te besef dat niemand die reg het om hulle emosioneel te benadeel nie.

Wat fisiese veiligheid betref, het die lesing klem gelê op liggaamsgrense. Kinders is verseker dat hulle altyd die reg het om hulself te beskerm, dat hul liggame waardevol is, en dat hulle onmiddellik iemand moet inlig indien hul grense oorskry word of hulle ongemaklik voel.

Skoolwoordvoerder Celeste Wentzel het opregte dank teenoor Solidariteit Helpende Hand uitgespreek.

“Dit beteken vir ons ongelooflik baie dat Solidariteit daar is om ons skole te ondersteun. Sulke projekte maak ‘n werklike verskil. Hierdie programme speel ‘n groot rol om kinders veiliger, sterker en meer selfversekerd te maak. Veiligheid begin by bewustheid, en by die wete dat elke kind iemand het om op te vertrou,” het Celeste gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Back to top button