Ramkriekies spog met drieling … van tweelinge!
Die jongspan by Ramkriekies Kleuterskool is opgewonde om vanjaar saam met drie stelle tweelinge skool toe te gaan.
Ramkriekies Kleuterskool spog vanjaar met drie stelle tweelinge – iets wat nie in ’n lang tyd by die skool gesien is nie.
Graad R-onderwyser Natasha Davis het gesê dit is die eerste keer in baie jare dat sy weer ’n tweeling in haar klas het.

Enzo en Lexi Oosthuizen, albei vyf jaar oud, doen alles saam. Hulle sit langs mekaar by dieselfde tafel en speel graag saam op die klimraam.

Onderwyser Lee-Ann Nel het gesê dit is die eerste keer in sewe jaar dat sy ’n tweeling in haar klas het. Boetie en sussie Oarabile en Oatlile Tsotetsi, wat tans drie jaar oud is, is in die drie- tot vierjaar-klas.

In nog ’n klas is daar ook driejarige tweelingboeties, Luan en Hanru Swart.
“Ons is baie trots om soveel stelle tweelinge in ons skool te hê,” het die onderwysers saamgestem.



