SchoolsUpdate

Reuse-storm tref Laerskool Randfontein tydens oueraand

’n Reusagtige storm het Laerskool Randfontein tydens oueraand getref, maar niemand is ernstig beseer nie.

’n Reuse-storm het Laerskool Randfontein op Dinsdagmiddag, 3 Februarie, onverwags getref terwyl ’n oueraand by die skool aan die gang was.

Volgens die skool se woordvoerder, Annie Nolan, was ouers, leerders en onderwysers op die perseel toe swaar reën en hael omstreeks 16:00 begin uitsak het.

Hael buite ‘n klaskamer. Foto ingestuur

“Die storm het binne minute groot skade aangerig. Verskeie klaskamers se dakke het begin lek, skadunette is geskeur en geute het op sommige plekke heeltemal afgebreek. In die kleuterskool het plafonne ingeval, terwyl menige klaskamers oorstroom is as gevolg van die intense reënval en hael,” het sy verduidelik.

• Lees ook: VIDEO: Randfontein hit by flooding after heavy rain and hail

Nolan het bygevoeg dat die haelstorm buitengewoon hewig was en in sommige areas tot sowat 30cm diep gelê het.

Die erge hael en reën het groot skade veroorsaak by Laerskool Randfontein. Foto ingestuur

“Skoolterreine, gange en sportareas is binne ’n kort tydperk met ys bedek, wat die situasie verder bemoeilik het,” het sy gesê.

Ten spyte van die omvang van die skade, is niemand ernstig beseer nie.

Hael bo op ‘n dak by RAM. Foto ingestuur

“Onderwysers en personeel het vinnig opgetree om kinders en ouers na veiliger areas te begelei totdat die ergste van die storm verby was,” het sy bygevoeg.

Die skoolbestuur het intussen aangedui dat ’n volledige skadebepaling gedoen sal word en dat die nodige herstelwerk so gou moontlik sal begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button