Opinion

Ek is ook onsteld oor my nuwe staat

Niemand het ons as inwoners van Westonaria ingelig dat dit die geval sou wees nie.

As opvolg op Elaine du Toit se brief in die Herald van 9 September die volgende …

Ek was ook net so verbaas toe ek my nuwe staat van die nuwe Rand West Munisipaliteit kry.

Ek moet vir my smart-meter amper R126 per maand betaal en ek moet vir my voorafbetaalde watermeter amper R79 betaal. Dan moet ek nog geld op my smart-meter in ‘n bankrekening inbetaal om krag te koop en nog die bankkoste betaal vir die firma wat dit kamstig gratis geïnstalleer het. Niemand het ons as inwoners van Westonaria ingelig dat dit die geval sou wees nie.

Ek moet BTW op my diensterekening betaal en as ek gaan water koop, moet ek weer BTW betaal.

Ek sal ook graag wil weet hoe werk dit want in die agterstrate word daar hobbels gegooi dat die biesies bewe maar die hoofstraat, Edwardlaan en Snymanstraat is resiesbane waar daar geen hobbels en geen voetoorgang is vir die kinders en grootmense wat voor kleuterskole op- en afgelaai word nie.

Dan praat ons nie eers van die na-uredienste wat nou ingeperk word nie, of die selfone word net eenvoudig afgesit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button